Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS VIR SONDAG 21 APRIL 2019

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 Sentraal Afrika Tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS6JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Liga se web tuiste. ‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

In die nuus vandag:

DIE ZS4 NAELLOOP VANMIDDAG

DIE IARU ARGUMENTEER VIR BESKERMING VAN WPT ONVOLDOENDE EMISSIES

en

INTERNASIONALE MARCONI DAG

Bly ingeskakel vir meer inligting oor hierdie en ander interessante nuusitems.

DIE ZS4 NAELLOOP VANMIDDAG

Die ZS4 Naelloop sal vanmiddag Sondag 21 April vanaf 14:00 tot 16:00 UTC op die lug wees met foon aktiwiteit gedurende die eerste uur en gelykgolf-aktiwiteit gedurende die tweede uur. ZS4-stasies sal 'n RS of RST en die naam van hul dorp gee, terwyl alle ander stasies 'n RS- of RST-verslag en hul provinsie of landnaam sal gee. Foon aktiwiteit tussen 14:00 en 15:00 UTC vind plaas tussen 7 063 tot 7 100 en 7 130 tot 7 200 kHz terwyl gelykgolf aktiwiteit tussen 15:00 en 16:00 UTC tussen 7 000 en 7 040 kHz plaasvind. Logstate in ADIF, Cabrillo of MS Excel en gemerk "my roepsein ZS4 Naelloop," moet ingedien word teen 29 April 2019 per e-pos aan zs4srk@gmail.com. Die MS Excel-logstaat kan afgelaai word vanaf die Kompetisie bladsy op die Liga-webblad.

DIE IARU ARGUMENTEER VIR BESKERMING VAN WPT ONVOLDOENDE EMISSIES

Die IARU is verlede week weer verteenwoordig in Ankara, Turkye, waar die komitee SE24 (Kort Afstand Toestelle) vergader het om verdere werk aan die Werk Item oor Draadlose Krag Oordrag te onderneem. SE24 oorweeg beide WPT vir elektriese voertuie en ook generiese WPT-toepassings. Die IARU het uit gebreide insette gemaak oor die moontlike impak op radio kommunikasie deur onvoldoende emissies van WPT-toestelle en baie hiervan word vas gelê in CEPT ECC Verslag 289, wat vroeër vanjaar gepubliseer is.

By die Ankara-byeenkoms is verdere insette deur die IARU en ander belanghebbende partye gedoen en daar sal vroeg in Julie 'n vergadering van SE24 vir WPT-kwessies wees. Ook in Ankara het die IARU die SRD Onderhouds Groep vergadering (SRD/MG) bygewoon waar daar opgemerk word dat verdere werk in SE24 benodig is voordat onvoldoende emissie grense vir WPT-toestelle in regulatoriese sin aan gespreek kan word. Die IARU is in Ankara verteenwoordig deur Don Beattie G3BJ, Streek 1 President, wat die IARU-werk oor WPT lei.

RUIMTEVAARDER EN PIONIER VIR AMATEUR RADIO IN RUIMTE OWEN GARRIOTT, W5LFL, SK

Owen K. Garriott, W5LFL, die Amerikaanse ruimtevaarder wat van Amateur Radio gebruik gemaak het om kontakte vanuit die ruimte te maak, is op 15 April by sy huis in Huntsville, Alabama, oorlede. Hy was 88. Garriott se Amateur Radio-aktiwiteit het die formele stigting van Amateur Radio in die ruimte ingestel, eers as SAREX (die Pendeltuig Amateur Radio Eksperiment) en later as ARISS (Amateur Radio op die Internasionale Ruimtestasie).

"Owen het duisende Amateur Radio-operateurs wêreld wyd geïnspireer om die menslike ruimte vlug Amateur Radio pogings te ondersteun en vir talle individue om amateur radio-operateurs te word," het ARISS-Internasionale President Frank Bauer, KA3HDO, waargeneem.

Garriott het radio amateurs regoor die wêreld opgewonde gemaak deur die eerste kontak van die ruimte te maak gedurende 10 dae aanboord van Spacelab-1 tydens 'n 1983 Pendeltuig Columbia-sending. Duisende amateurs het op 2 meter FM geluister, met die hoop om hom te hoor of om 'n kontak te maak. Garriott het uiteindelik kontak met stasies oor die hele wêreld gemaak, waar onder die oorlede Koning Hussein, JY1 van Jordanië en die oorlede Amerikaanse senator Barry Goldwater, K7UGA.

Garriott het eenvoudig 'n draagbare sender met sy antenna in die venster van Spacelab-1 gebruik. "Ek het daarin geslaag om dit in my af tye te doen en dit was aangenaam om daarby betrokke te raak en om te praat met mense wat so belangstel in die ruimte soos die 100 000 amateurs op die grond was," het Garriott tydens 'n onderhoud gepubliseer in die Februarie 1984 uitgawe van QST gesê. Sy seun, Richard Garriott, W5KWQ, was 'n private ruimte reisiger na die IRS, soon toe gevlieg deur die Russiese Federale Ruimte-agentskap en hy het ook Amateur Radio in die ruimte in gedra.

Jy luister na ʼn nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga

INTERNASIONALE MARCONI DAG

Ge-organiseer deur die Cornwall Radioamateurklub, is die Internasionale Marconi-dag (IMD) 'n 24-uur-amateur radio-geleentheid wat jaarliks gehou word om die geboorte van Guglielmo Marconi (25 April 1874) te vier. Dit is nie 'n kompetisie nie, maar 'n geleentheid vir amateurs regoor die wêreld om kontak te maak met historiese Marconi-plekke deur middel van HF-kommunikasie tegnieke. Vanjaar se byeenkoms vind plaas op Saterdag 27 April, van 00:00 tot 23:59 UTC. Besonderhede, insluitende inligting oor die toekenning sertifikate en die lys van deel nemende stasies, is beskikbaar by http://gx4crc.com/.

UITSLAE VAN DIE SARL BHF/UHF KOMPETISIE

Die uitslae van die eerste been van die SARL BHF/UHF Analoog kompetisie is vrygestel. Vyf logstate en een kontrolelog is ontvang. Carl Minne, ZS6CBQ het die kontrolelog ingedien. Die uitslae is:

Basisstasie
1ste Rickus de Lange, ZS4A - 52 694 punte
2de Koos Greyvenstein, ZS6KSG - 43 023 punte
3de Pierre Lindeque, ZS4PF - 39 953 punte
4de Pine Pienaar, ZS6OB - 26 690 punte

Veldstasie
1ste Die Kaapse Radio-groep, ZS1CRG - 9 490 punte

Baie geluk aan die wenners

DIE UITSLAE VAN DIE SARL 80 METER QSO GESELLIGHEID VERTRAAG

Vanweë probleme met 'n logstaat wat ontvang is, sal daar 'n effense vertraging wees in die publikasie van die deelnemers se uitslae.

HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte sonaktiwiteitsvlak laag gaan bly. Tans is daar 'n paar sonvlekke met 'n stabiele magnetiese same stellings sigbaar. Die sonvlekke kan die bron van lae vlak sonfakkels word. Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van een vir die week gebruik. Amateurs kan goeie DX openinge op die 15 tot 30 m bande verwag. Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

Nou die Dagboek van Gebeure vir die volgende paar weke:

Vandag - die ZS4 Naelloop en registrasie vir die Mei RAE sluit.
24 April - die sluitingsdatum vir materiaal vir die May Radio ZS
27 April - Vryheidsdag en die Internasionale Marconi-dag
29 April - die sluitingsdatum vir QRP, ZS4 Naelloop en BHF/UHF Digitale kompetisie logstate
1 Mei - Werkersdag
4 Mei - die AWA Buis AM QSO Party
5 Mei - die AWA Buis SSB QSO Party
11 en 12 Mei - Mills op die Lug-geleentheid
12 Mei - Moedersdag
17-19 Mei - die Dayton Hamvention
18 Mei - die Mei RAE
19 Mei - die ZS3 Naelloop

Om die bulletin mee af te sluit, ‘n opsomming van ons hoof berig:

Die ZS4 Naelloop sal vanmiddag Sondag 21 April vanaf 14:00 tot 16:00 UTC op die lug wees met foon aktiwiteit gedurende die eerste uur en gelykgolf-aktiwiteit gedurende die tweede uur. ZS4-stasies sal 'n RS of RST en die naam van hul dorp gee, terwyl alle ander stasies 'n RS- of RST-verslag en hul provinsie of landnaam sal gee.

Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

Die Suid-Afrikaanse Radioliga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radioliga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum voorafgaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Sentraal Afrika Tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7,082 kHz laer syband en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n Heruitsending vind op Maandae aande om 19:30 Sentraal Afrika Tyd op 3,620 kHz plaas. Ons ontvang graag jou seinrapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, saamgestel deur Andy Cairns, ZS6ADY, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse Nuusspan groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens.

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003